MENU
MENU

DEWALD + SUMARI
– Die Keldery, Vredendal –

January 10, 2015

PHOTOGRAPHER & EDITOR: LIZÉ

Sumari skryf:

“Op 13 September het ons reis as man en vrou begin. Dit was die perfekte dag, gevul met soveel opgewondenheid, liefde, vreugde en seën.  Ons was so bevoorreg om die dag met familie en vriende te deel wat vir ons ongelooflik baie beteken en saam met ons die dag kon koester!

Die Keldery Restaurant 7km buite Vredendal het vir ons als gebied om die dag perfek te maak.  Heerlike kos en wyn, ‘n wynproe en fantastiese kuier atmosfeer, als was daar.  Ons tema vir die groot dag was “travelling the world”.  Alles het perfek by die tema gepas.  Dit was per slot van sake die reis van ‘n leeftyd wat ons begin het…

Lizé is ‘n wonderlike entoesiastiese fotograaf met ‘n passie vir wat sy doen. Sy het ‘n oog vir detail en weet presies hoe om jou op jou gemak te laat voel. Sy het soveel tyd en moeite in ons troudag ingesit om elke oomblik perfek op kamera vas te vang. Sy was ongelooflik behulpsaam en vir beter kon ons nie gevra het nie. Lizé is ongelooflik proffesioneel en danksy haar wonderlike talent sal ons, ons troudag vir altyd onthou. Ek sal haar beslis aanbeveel vir enige iemand.”

Hair: Deidre – Dillos Hair

Makup: Margo van Zyl – Blush Make Up

Dress: Elizabeth Stockenstrom

Bridesmaid’s Dresses: 100% Me Boutique

Groom’s Suit: Eurosuit

DJ: Wico Smit

Cake: Diane Brand – Kleinklits Koeke

Flowers: Vredendal Blommemark

Videographer: Nantes Videography

Bride’s Jewlery: Lilly Blue

Garter: Isabel de Koker – 100% Me

Invitations: Annemie Cloete – Atasteofink

Badges: Madre Kohn- Madre Kohn Creative

No Comments

LEAVE YOUR COMMENT

Previous post Next post
© Love of Light Photography 2019